VOORWOORD


Na die skrywe van my boek in Engels, was ek onmiddelik aangespoor om dit te vertaal in die taal van my hart. Ek skryf nie graag in Afrikaans nie, bloot omrede die Wetenskaplikke terme en vertalings van Psuedografiese boeke, slegs in Engels beskikbaar is.

Tyd van Waarheid


Die woord Metafisika is ʼn kombinasie van twee woorde - Meta, wat Bo-en-behalwe beteken - en dan fisika. Dus beteken die kombinasie Bo-en-behalwe die fisika. Ons gedifferensieerde werklikheid (waarneembare verskil in- of tussen) is maar ʼn skaduwee van die ongedifferensieerde werklikheid (sonder enige kenmerkende eienskappe), wat ons hier wil ondersoek. Dit het te doen met dit wat naasaan die fisiese of ontologiese bestaan is, ‘n werklikheid buite ons gesigsveld. 'n Metafisiese entiteit is dus 'n fisiese of spiriteele entiteit wat buite die fisies waarneembare omgewing bestaan. Baie gebruik die term om te verwys na die geestelike of transendente. Dit bring die openbaring dat daar ʼn Dualisme in die kosmiese konseptuele skema is, waar die natuurwetenskappe, die antieke Skrifte, die profesieë en inderdaad ons eie Bewustheid niks meer as ‘n spieëlrefleksie is van ons totale realisme is. Dit is waar hierdie navorsing poog om jou nader aan die waarheid te bring. Hierdie is ʼn holistiese benadering, gekenmerk deur die sintese van die Liggaam, Siel en Gees, asook die aard van hul integrasie in die fisiese, geestelike, filosofiese en metafisiese wêreld. In die filosofie dra transendensie die basiese grondbegrip uit die woord se letterlike betekenis, of “eskaleer of gaan verder”, al is dit met wisselende konnotasies in sy verskillende historiese en kulturele vorms.

Ek sal ook nooit my taal met anglisismes wil verkrag om my boodskap effektief oor te dra nie. Tog het ek besluit, dat waar ek nie oor die kennis beskik om die stukke doeltrefffend te vertaal nie, ek sal voortgaan om die Engelse weergawe aan te haal. So, vergeef my nou al daarvoor. Ek probeer 'n boodskap bring en ek glo dat dit die oorhoofse motivering behoort te wees van my werk.

Hierdie publikasie sal jou bekendstel aan die Geestelike dimensie en jou oë oopmaak vir die dwalinge en valse geloofstelsels wat ons muldelik omhels in ons fundamenteel gebrekkige geloofstelsels. Dit is nie ʼn “New Age” -konsep wat verkoop word aan ʼn niksvermoedende, honger Gehoor nie. Ek beweer glad nie dat ek enige nuwe waarheid ontdek het nie. Hierdie ondersoek is ook nie gerig op ʼn bepaalde sekulêre orde, denominasie of instelling nie, en dit kies nie die kant van die dogmatiese om sitplekke in ʼn nuwe gedagtepatroon te vul nie. In plaas daarvan gebruik ek ʼn antieke, Bybelse oorsig en boodskap van die onveranderlike, grondwetlike strukture wat ons gedifferensieerde en ongedifferensieerde werklikheid uitmaak. ʼn Wêreld wat in baie van ons se wese ingegroei is, maar ook ʼn mislukte produk van die banaliteit van ons geloofstelsels uitmaak. Ek poog om nie die Wetenskap heeltemal te diskrediteer nie, maar spreek bloot die teoretiese hipoteses aan wat die leek aan die Natuurwetenskappe as absolute waarhede aangeneem het. Feite verander maar die waarheid bly onveranderd.

Die objektiewe waarheid, redeneer ek, kom nie net deur sekulêre kennis nie, maar bestaan in ons oerwesens, ons DNA en verskeie geïnspireerde geskrifte. Korrupte wêreldbeskouings, valse waarnemings van die werklikheid selfs met ons sintuie en ons baie beperkte toegang tot ware wysheid word geopenbaar in die gevolgtrekkings wat ons trek van die lewe, van die skepping en uiteindelik van ons innerlike kern wesens. Ons wil leer om hirdie alternatiewe bronne van kennis te gebruik om by die waarheid uit te kom

Om te groei in ons voorafbepaalde bestaan, moet ons; ons volledige denke hervorm. Ons moet die ou pêrels van wysheid ondersoek soos in die Heilige Skrif voorgestel word en ʼn kinderlikke voorlegging aan die Goddelike geestelike besit toepas om vordering te maak. In hierdie saak kan ons alleen kies, of ons wil voortgaan of nie. Ons moet aanvaar dat wat hier geskryf word, kan skok, mag toets en selfs die beginsels waarop ons voel dat; ons Spiritualiteit gegrond is, moontlik kan vernietig. Die boodskap wat in hierdie boek toegepas word, het nie as kern, ʼn boodskap van troos en kommersiële aanvaarding nie. Dit is nie my bedoeling om die ore te kielie nie. Hierdie onderrig is beide geheim en baie moeilik om te verstaan.

Die nuuskierige individu sal egter opgewonde wees om die oorbruggende verbindings tussen ons Goddelike Leidende Gees, die Menslike Siel en die Liggaamlike Liggaam te leer ken. Ons sal leer dat ons ontwikkeling geestelik, slegs deur een ding gehinder word: Ons eie onwilligheid om ons siele in te dien vir die Goddelike leiding. Ons leer ook dat ons fisiese bestaan net ʼn weerspieëling is van ʼn hoër mega-orde wat tyd, ruimte en materie transendeer.
Klem word geplaas op die besef dat ons bedrieglik toegelaat is om belangrike wetenskaplike en Bybelse konsepte te verstaan, uitsluitlik vanuit die fisiese vlak. So, vertroebel dit die waters van ons verstand.

Mag hierdie werk, wat ek glo Goddelik geïnspireer is, jou tot die ewige waarheid van ons bestaan bring.


Ek verkoop die engelse weergawe, maar gaan dit bladsy vir bladsy op die Blog publiseer, GRATIS! Sluit gerus aan en lees saam, bespreek saam en laat hoor wat God op jou hart druk.



Post a Comment

0 Comments